By Staff Reporter
Copyright web
SOSIALE sensasie-platforms, Namibiese politiek en ’n dosis van die bybeluitlegters het nou ’n nuwe laagtepunt bereik met profete, waarskuwings van trompette en die eindtyd-“wegraping” môre tot oormôre. Goeie mense gaan hemel toe en die minder goeies bly agter. Vir hulle, die oorgrote meerderheid, Jood, Griek en Mohammedaan, begin sewe jaar van onderdrukking en verdrukking.
• 𝘝𝘦𝘳𝘭𝘪𝘨𝘵𝘪𝘯𝘨 𝘷𝘪𝘳 𝘮𝘦𝘦𝘴𝘵𝘦 𝘕𝘢𝘮𝘪𝘣𝘪ë𝘳𝘴 𝘸𝘢𝘵 𝘰𝘰𝘳𝘭𝘰𝘨, 𝘥𝘳𝘰𝘰𝘨𝘵𝘦, 𝘬𝘰𝘳𝘳𝘶𝘱𝘴𝘪𝘦 𝘦𝘯 𝘥𝘪𝘦𝘧𝘴𝘵𝘢𝘭 𝘷𝘪𝘳 35 𝘫𝘢𝘢𝘳 𝘬𝘰𝘯 𝘶𝘪𝘵𝘩𝘰𝘶. 𝘉𝘦𝘵𝘦𝘳 𝘥𝘢𝘦 𝘬𝘰𝘮.
• ’𝘯 𝘗𝘢𝘢𝘳 𝘶𝘪𝘵𝘷𝘦𝘳𝘬𝘰𝘳𝘦 𝘸𝘦𝘥𝘦𝘳𝘨𝘦𝘣𝘰𝘳𝘦𝘯𝘦𝘴 𝘨𝘢𝘢𝘯, 𝘷𝘰𝘭𝘨𝘦𝘯𝘴 ’𝘯 𝘴𝘦𝘭𝘧𝘢𝘢𝘯𝘨𝘦𝘴𝘵𝘦𝘭𝘥𝘦 𝘨𝘦𝘦𝘴𝘵𝘦𝘭𝘪𝘬𝘦 𝘮𝘦𝘵 ’𝘯 𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵𝘪𝘵𝘦𝘪𝘵𝘴𝘬𝘳𝘪𝘴𝘪𝘴 𝘦𝘯 𝘣𝘰𝘬𝘴𝘬𝘪𝘵𝘢𝘢𝘳, 𝘦𝘯𝘦 𝘋𝘢𝘯𝘪𝘦 𝘉𝘰𝘵𝘩𝘢, 𝘰𝘯𝘵𝘷𝘰𝘦𝘳 𝘸𝘰𝘳𝘥 𝘷𝘪𝘳 ’𝘯 𝘧𝘦𝘦𝘴𝘮𝘢𝘢𝘭 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘩𝘦𝘮𝘦𝘭, 𝘵𝘦𝘳𝘸𝘺𝘭 𝘧𝘢𝘮𝘪𝘭𝘪𝘦, 𝘷𝘳𝘪𝘦𝘯𝘥𝘦 𝘦𝘯 𝘨𝘪𝘳𝘭𝘧𝘳𝘪𝘦𝘯𝘥𝘴 𝘢𝘨𝘵𝘦𝘳𝘣𝘭𝘺 𝘰𝘮 𝘴𝘦𝘸𝘦 𝘫𝘢𝘢𝘳 𝘷𝘢𝘯 𝘷𝘦𝘳𝘥𝘳𝘶𝘬𝘬𝘪𝘯𝘨, 𝘦𝘭𝘭𝘦𝘯𝘥𝘦 𝘦𝘯 𝘩𝘰𝘯𝘨𝘦𝘳𝘵𝘦 𝘵𝘦 𝘦𝘳𝘷𝘢𝘢𝘳.
En Botha is nie eens oorspronklik nie. Die storie kom al lank van Amerika se “smeer-en-skrikmaak-media”, en toe was daar nog plek op die bandwagon. Wragtag, uit die verre Suid-Afrika vang ’n predikant/sanger ’n lift en word so voor op die wa dat die agteros se mis op sy kop val.
• 𝘎𝘦𝘦 𝘷𝘪𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘏𝘢𝘳𝘭𝘦𝘬𝘺𝘯 𝘯𝘰𝘨 𝘸𝘺𝘯.
Namibiërs het politici, sewe droogtejare, Covid, swak en hopelose amptenare, slaggate en misdaad oorleef, en om dit vir nog sewe jaar te ervaar, sal vir die taai mense van Namibië ’n groot verligting wees, want dit is maar ’n kort vasbyt wat voorlê.
As die heiliges nie hul selfone saam hemel toe kan vat nie, sal daar môre baie min klim en oormôre nog minder. Wat gaan hulle maak as hulle by die poorte hoor Petrus sê daar is nie Wi-Fi in die hemel nie?
• 𝘚𝘪𝘦𝘴, 𝘮𝘢𝘯.
𝐍𝐀𝐌𝐈𝐁𝐈Ë 𝐒𝐄 𝐖𝐄𝐆𝐑𝐀𝐏𝐈𝐍𝐆 𝐊𝐋𝐀𝐀𝐑 𝐕𝐄𝐑𝐁𝐘
Namibiese heiligstes onder die heiliges en waarlik wedergeborenes is op pad, en dan boonop sonder om soos ordentlike mense vriende en familie te groet wat die wegrapingtoets gedop het.
• 𝘋𝘰𝘯𝘬𝘪𝘦 𝘴𝘦 𝘰𝘶𝘮𝘢 𝘩𝘦𝘵 𝘢𝘭𝘵𝘺𝘥 𝘩𝘰𝘦𝘯𝘥𝘦𝘳𝘣𝘰𝘶𝘵𝘫𝘪𝘦𝘴, ’𝘯 𝘱𝘢𝘢𝘳 𝘧𝘳𝘪𝘬𝘢𝘥𝘦𝘭𝘭𝘦, 𝘨𝘦𝘮𝘮𝘦𝘳𝘣𝘪𝘦𝘳 𝘦𝘯 ’𝘯 𝘧𝘭𝘦𝘴 𝘬𝘰𝘧𝘧𝘪𝘦 𝘨𝘦𝘱𝘢𝘬 𝘷𝘪𝘳 𝘦𝘭𝘬𝘦 𝘩𝘶𝘪𝘴, 𝘦𝘯 𝘥𝘪𝘵 𝘸𝘰𝘦𝘭 𝘴𝘦𝘬𝘦𝘳 𝘢𝘭 𝘥𝘢𝘦 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘬𝘰𝘮𝘣𝘶𝘪𝘴𝘦.
Die wegrapers kan minstens sê hulle sal nie môre by die werk wees nie. Mans moenie vir ’n bord kos wag nie en die kroeë kan maar oopbly tot die laaste trompetgeskal aankondig dat ons nou op ons eie is.
• 𝘋𝘪𝘵 𝘪𝘴 𝘬𝘭𝘢𝘢𝘳 𝘩𝘦𝘭 𝘰𝘱 𝘢𝘢𝘳𝘥𝘦, 𝘦𝘯 𝘰𝘮 𝘥𝘢𝘯 𝘣𝘰𝘰𝘯𝘰𝘱 𝘷𝘪𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘦𝘳𝘥𝘢𝘨𝘵𝘦 𝘵𝘶𝘪𝘴𝘣𝘭𝘺𝘦𝘳𝘴 𝘵𝘦 𝘴ê 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘨𝘢𝘢𝘯 𝘯𝘰𝘨 𝘴𝘦𝘸𝘦 𝘫𝘢𝘢𝘳 𝘷𝘢𝘯 𝘷𝘦𝘳𝘥𝘳𝘶𝘬𝘬𝘪𝘯𝘨 𝘦𝘯 𝘰𝘯𝘥𝘦𝘳𝘥𝘳𝘶𝘬𝘬𝘪𝘯𝘨 𝘮𝘰𝘦𝘵 𝘶𝘪𝘵𝘴𝘵𝘢𝘢𝘯, 𝘪𝘴 𝘸𝘳𝘦𝘦𝘥 𝘦𝘯 𝘴𝘰𝘮𝘮𝘦𝘳 𝘭𝘢𝘧𝘩𝘢𝘳𝘵𝘪𝘨 𝘰𝘰𝘬.
Die wat môre opstyg, moet tog nie ’n reënwolk vat nie en sommer uitkyk of daar nie dalk reën op pad is nie.
• 𝘋𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘥𝘦𝘳𝘬𝘰𝘮𝘴𝘱𝘳𝘰𝘧𝘦𝘦𝘵 𝘉𝘰𝘵𝘩𝘢 𝘬𝘭𝘪𝘯𝘬 𝘦𝘦𝘳𝘥𝘦𝘳 𝘰𝘧 𝘩𝘺 𝘵𝘦 𝘷𝘦𝘦𝘭 𝘸𝘢𝘵𝘦𝘳 𝘨𝘦𝘥𝘳𝘪𝘯𝘬 𝘩𝘦𝘵 𝘸𝘢𝘵 𝘣𝘺 𝘥𝘪𝘦 𝘕𝘶𝘸𝘦 𝘛𝘦𝘴𝘵𝘢𝘮𝘦𝘯𝘵 𝘴𝘦 𝘣𝘳𝘶𝘪𝘭𝘰𝘧 𝘪𝘯 𝘸𝘺𝘯 𝘷𝘦𝘳𝘢𝘯𝘥𝘦𝘳 𝘪𝘴.
’n Man kan môreoggend wakker word en dan is sy vrou weg. ’n Buurman sal seker verduidelik dat die vrou terug is, want sy het van die wolk afgeval en deur die dak tot op sy bed.
• 𝘓𝘰𝘴 𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘨𝘳𝘢𝘱𝘪𝘯𝘨 𝘦𝘦𝘳𝘥𝘦𝘳 𝘦𝘯 𝘨𝘢𝘢𝘯 𝘬𝘳𝘶𝘪𝘱 𝘸𝘦𝘨.
𝐏𝐀𝐑𝐋𝐄𝐌𝐄𝐍𝐓 𝐖𝐄𝐆𝐆𝐄𝐑𝐀𝐀𝐏
Het die profete nog nie bietjie gekyk na die wegraping van ’n politieke party in die laaste verkiesing nie?
• 𝘋𝘪𝘦 𝘗𝘋𝘔/𝘋𝘛𝘈 𝘴𝘦 𝘥𝘶𝘪𝘴𝘦𝘯𝘥𝘦 𝘰𝘯𝘥𝘦𝘳𝘴𝘵𝘦𝘶𝘯𝘦𝘳𝘴 𝘪𝘴 𝘴𝘰𝘰𝘴 𝘮𝘪𝘴 𝘷𝘰𝘰𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘮ô𝘳𝘦𝘴𝘰𝘯 𝘸𝘦𝘨, 𝘦𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘭𝘦𝘪𝘦𝘳𝘴 𝘣𝘦𝘥𝘢𝘯𝘬 𝘰𝘱 ’𝘯 𝘴𝘵𝘳𝘦𝘦𝘱. 𝘔𝘢𝘢𝘳 𝘴𝘰𝘰𝘴 ’𝘯 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘪𝘦 𝘮𝘦𝘵 𝘰𝘰𝘨𝘬𝘭𝘢𝘱𝘱𝘦 𝘬𝘭𝘢𝘱 𝘥𝘪𝘦 𝘗𝘳𝘦𝘴𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘋𝘛𝘈, 𝘔𝘤𝘏𝘦𝘯𝘳𝘺 𝘝𝘦𝘯𝘢𝘢𝘯𝘪, 𝘯𝘰𝘨 𝘴𝘵𝘦𝘦𝘥𝘴 𝘷𝘪𝘳 𝘩𝘰𝘮𝘴𝘦𝘭𝘧 𝘩𝘢𝘯𝘥𝘦.
Terwyl hy sy leiers beskuldig van “politics of the belly”, skuld hy sy party nog N$190 000 wat hy persoonlik geleen het, maar eerder kon gebruik het om sy afgedankte leiers mee te betaal. Die klok lui en iemand moet net nog die masjiene kom afsit. Vir ’n man wat hoofman van die OTA wou word, maar verslaan is deur mense wat nie eers in die parlement is nie, is dit skandalige arrogansie.
• 𝘋𝘪𝘦 𝘐𝘯𝘥𝘪ë𝘳 𝘷𝘢𝘯 𝘋𝘶𝘳𝘣𝘢𝘯, 𝘸𝘢𝘵 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘨𝘰𝘦𝘪𝘦 𝘰𝘶 𝘥𝘢𝘦 𝘪𝘯𝘨𝘦𝘷𝘭𝘪𝘦𝘨 𝘪𝘴 𝘰𝘮 𝘥𝘪𝘦 “𝘴𝘩𝘢𝘥𝘰𝘸 𝘱𝘳𝘦𝘴𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵” 𝘴𝘦 𝘱𝘢𝘬𝘬𝘦 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘱𝘢𝘳𝘭𝘦𝘮𝘦𝘯𝘵𝘴𝘬𝘢𝘯𝘵𝘰𝘳𝘦 𝘵𝘦 𝘥𝘦𝘴𝘪𝘨𝘯, 𝘮𝘰𝘦𝘵 𝘥𝘢𝘭𝘬 𝘣𝘦𝘨𝘪𝘯 𝘰𝘮 𝘷𝘪𝘳 𝘝𝘦𝘯𝘢𝘢𝘯𝘪 ’𝘯 𝘦𝘨𝘴𝘬𝘦𝘪𝘥𝘪𝘯𝘨𝘴𝘱𝘢𝘬 𝘵𝘦 𝘥𝘦𝘴𝘪𝘨𝘯. 𝘏𝘺 𝘬𝘳𝘺 𝘯𝘪𝘦 𝘬𝘰𝘢𝘭𝘪𝘴𝘪𝘦𝘷𝘦𝘯𝘯𝘰𝘵𝘦 𝘯𝘪𝘦, 𝘸𝘢𝘯𝘵 𝘴𝘺 𝘱𝘢𝘳𝘵𝘺 𝘪𝘴 𝘵𝘦 𝘣𝘢𝘯𝘬𝘳𝘰𝘵.
En dan hoor Namibiërs nou dat die President van die PDM sy pa se Otjiwarongo-plaas wil hê, omdat hy dink dit is syne. Miskien moet Venaani vir Namibiërs sê waar sy landbankplaas is, waar die Kavangos by die DTA-kantore moes betoog vir salarisse wat nie betaal is nie.
𝐎𝐍𝐃𝐄𝐑𝐖𝐘𝐒 𝐒𝐄 𝐖𝐀𝐑𝐄 𝐊𝐋𝐄𝐔𝐑𝐄
Namibiërs hou asem op oor die regte feite van Ndama-Oos-skool. Skielik gaan die Ministerie van Onderwys bou nadat hulle nog op elke tiekie-tokke gesê het hulle sal nie.
Caesar se laaste onsterflike woorde toe hy in die rug gesteek is.